OUDTSHOORN NUUS - ’n Groot groep belangstellendes het Vrydag 3 Oktober by die CP Nel-broeiselprojek by die museum aangesluit.
Die CP Nel-broeiselprojek is ’n weeklikse lees- en kunsprogram vir kinders by die museum se volstruiskamer.
Dit vind plaas op Woensdae van 09:30 tot 10:30. Afgetrede onderwyskenners bied elke sessie aan, met ’n leesgedeelte gevolg deur ’n interaktiewe aktiwiteit soos kuns, dans of musiek. Die program wissel tussen Afrikaans en Engels en fokus in Oktober op lente.
Spesiale ekstra sessies word gedurende die komende skoolvakansie aangebied.
Die volgende sessie vind plaas eerskomende Vrydag 10 Oktober van 09:30 tot 10:30.
Koffie sal beskikbaar wees. Besoekers is welkom om piekniekkomberse en -mandjies saam te bring en na die tyd ’n piekniek op die museum se grasperk te geniet.
Vir navrae kontak Carla Fereirra by nozi@cpnelmuseum.org.za of by 083 319 9104.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’