Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Plaaswerkershuis op Jaco Mulder se plaas op Volmoed, is vanmiddag deur 'n brand verwoes.
Volgens die huisbewoners, het 'n vonk van 'n vuur wat hulle in die kaggel gemaak het, op meubels buite die huis geland.
Volgens Andre Witbooi wat in die huis woon, het hy en sy gesin vuur in die kaggel gemaak omdat die weer heelwat koelerig is vandag.
Hy het gesê dat sy sitkamer, kombuis en hoofslaapkamer heeltemaal verwoes is, en dat sy grootskerm TV en Hi-Fi musiekstelsel ook in die slag gebly het.
Die gesin kon slegs daarin slaag om enkele items en klere van die vlamme te red.
Kyk 'n video hieronder:
Die gesin kon slegs daarin slaag om enkele items en klere van die vlamme te red.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'