OUDTSHOORN NUUS - “Dit sal nie in belang van geregtigheid wees om borgtog aan die applikant toe te staan nie.” Dit was die woorde van landdros Stephanie Strydom toe sy in die Oudtshoorn-distrikshof borgtog aan die 64-jarige Koos Stuurman geweier het.
Stuurman, wat 28 vorige veroordelings op sy rekord het, staan saam met sy 20-jarige seun, Stilero Roman, tereg op aanklag van moord op die 23-jarige John-Lee Johnson.
Johnson is op 30 Oktober 2021 in ‘n winkel in Dassieweg, Bridgton, deur Roman met ‘n mes in die nek gesteek nadat sy pa na bewering vir hom ‘n mes gegee en gesê het om die oorledene te gaan doodsteek nadat hulle die vorige aand in ‘n stryery betrokke was.
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'