OUDTSHOORN NUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp het onlangs uitstekend gevaar by Michelangelo International Wine & Spirits Awards, een van die gesogte wyn en spirits kompetisie in Suid-Afrika.
Boplaas se agt jaar oue whisky het een van slegs 19 platinum-medaljes verower, dit val onder die top 1,15%.
Die Klein-Karoo se klimaat is uitstekend vir die veroudering van whisky en dit is hier waar die Nel-familie reeds sedert 1880 brandewyn begin stook het.
“Die klimaat, gekoppel met die water van die Swartberge en die ou vate van Boplaas se kampioen port waarin die whisky verouder word, maak dat ons whisky met die beste in die wêreld kan meeding,” se Daniel Nel, sesde generasie stoker op Boplaas.
Boplaas het ook drie dubbel goue medaljes en vyf goue medaljes ontvang vir rooi wyne, port en whisky.
Boplaas se Colheita Cape Tawny 2005 is ook aangewys as die beste Port in Suid-Afrika deur UK Master of Wine, Tim Atkin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'