Die kampioen produsente kelder by die Klein-Karoo Jongwynskou 2014 is Montagu Wynkelder wat uitsonderlik presteer het met die kampioenwyn (kampioen muskaat versterkte wyn), die kampioen droë rooi tafelwyn (kampioen merlot), die kampioen cabernet sauvignon, die kampioen droë wit tafelwyn (kampioen chenin blanc), reserwe kampioen chenin blanc en die kampioen natuurlik soet tafelwyn, ‘n trofee wat hulle deel met Boplaas Family Vineyards, die reserwe kampioen privaat kelder met die reserwe kampioen nie-muskaat versterkte wyn en die reserwe kampioen sauvignon blanc.
Die reserwe kampioen produsente kelder is Montagu Wine & Spirits Company met die reserwe kampioen droë rooi tafelwyn (kampioen pinotage), die reserwe kampioen cabernet sauvignon, die reserwe kampioen merlot en die kampioen chardonnay.
Die kampioen privaat kelder, De Krans Wynkelder, het die reserwe groot kampioenwyn (kampioen nie-muskaat versterkte wyn), die kampioen shiraz en die reserwe kampioen droë wit tafelwyn (kampioen sauvignon blanc) opgelewer.
Calitzdorp Wynkelder het die reserwe kampioen muskaat versterkte wyn ingeskryf en Grundheim Wyne het die reserwe kampioen shiraz opgelewer.
Christiaan van Tonder (Montagu Wine & Spirits Co), Hermias Vollgraaff (Montagu Wynkelder), Chris Crafford (Montagu Wine & Spirits Co) en Louis van der Riet (De Krans Kelder).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'