OUDTSHOORN NUUS - Bergsig Primêr se nuwe skoolhoof, Daclon Aries, is voorverlede Vrydagaand tydens 'n spoggeleentheid by die skool verwelkom.
Aries is 'n boorling van Matjiesrivier en het sy onderwysloopbaan by Saturnus Primêr begin waar hy vir 20 jaar onderrig het.
Daarna was hy vir nege jaar 'n vakadviseur en vanaf Julie 2017 tot Desember verlede jaar skoolhoof van Kretzenhoop Primêr op Blanco.
Hy volg Willie Freeks op as hoof van Bergsig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'