Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Gemeentelede van St Saviour Katedraal in Oudtshoorn het gister 'n groot hoeveelheid kos, klere, komberse en babadoeke vir mense by die strotingsterrein afgelewer.
Vader Enrico Parry het 'n gebed gedoen en die mense geseën voordat hulle die geskenkpakke ontvang het.
Die kerk het 'n tweedehandse winkel by die kerkgebou in St Saviourtraat waar geskenkte items verkoop word.
Die geld wat so ingesamel word, word vir liefdadigheidsprojekte aangewend.
Daar is ongeveer 60 mense wat daagliks op die stortingsterrein werk om 'm paar rand te verdien. Hulle herwin karton, glas en plastiek wat op 'n trekker gelaai word en na 'n herwinningsaanleg in die industriële gebied geneem word.
Die trekker kom vyf keer per dag na die terrrein toe en bring dan ook die mense se geld nadat die vorige vrag geweeg is.
Meeste van die mense werk in groepe. Volgens een groep van sewe mans verdien die groep ongeveer R300 per dag wat tussen hulle verdeel word.
Daar is ongeveer agt mense wat permanent op die stortingsterrein woon. Die res kom elke dag uit omliggende woonbuurte om deur die rommel te grou om geld te verdien.
Kyk 'n video hier.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
"Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'