OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-tak van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het op 25 Junie as deel van sy Warmhart-projek mussies, sokkies, komberse, lekkers en koeldrank aan die leerders van die Kleine Eendjies-kleuterskool in Volmoed geskenk.
Die skenkings is deur Desireé McCallum en Annalene van Wyk van die ATKV oorhandig.
Anneline van Rooyen, skoolhoof van Kleine Eendjies, het haar dank teenoor die ATKV uitgespreek vir hul ondersteuning en bydrae tot die skool.
Volgens Suzette Basson, voorsitter van die ATKV-tak Oudtshoorn, beplan die vereniging ook om op 18 Julie, ter viering van Mandeladag, ’n verfraaiingsprojek by die skool aan te pak. Die projek sal onder meer opknappingswerk aan die tuin en skoolgebou insluit.
Kleine Eendjies bedien tans 35 kleuters uit die Volmoed-omgewing.
Diegene wat graag tot die Mandeladag-verfraaiingsprojek wil bydra, kan Basson by 081 709 9908 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’