OUDTSHOORN NUUS - Delano Mulder, Cango Wildlife Ranch se soogdier- en voëldieretuinhouer, het die afgelope naweek 48 uur in die bloedige hitte saam met die Ranch se vier aasvoëls in hul kamp geslaap om bewusmaking oor die bedreigde spesies te skep.
Die Ranch het vier Kaapse aasvoëls, twee mannetjies en twee wyfies, en die twee mannetjies het dié week na Vulpro, 'n aasvoël bewaringsinstansie in Hartebeespoort, vertrek.
"Hulle gaan deel word van die Vulpro se telingsprogram omdat die aasvoël se getalle afneem. Volgens statistiek is daar ongeveer 4 700 broeipare in die hele wêreld oor," het hy verduidelik.
Volgens Mulder het mense 'n totale wanpersepsie oor die aasdiere.
"Mense dink dit is lelike, scary voëls, maar hulle is eintlik ongelooflik.
Hulle pla niemand nie. Die voëls was nie werklik geïntreseerd in die vreemde spesie wat skielik by hulle kamp opgeslaan het nie. Hulle het dalk twee keer tot by die hangmat gekom, maar nooit nader as 'n meter of twee van my af nie."
Mulder het sy tyd in die kamp gebruik om besoekers oor die merkwaardige voëls in te lig en om te verduidelik hoe hulle tot die ekosisteem bydra en hoe om hulle in die natuur te beskerm.
Volgens Mulder het mense 'n totale wanpersepsie oor die aasdiere.
Deel van sy bewusmakingsaksie is ook om gelde te in om die voëls na die instansie te neem.
"Die seuns gaan weg wat nogal hartseer is, maar ons neem twee nuwe aasvoëls aan. Ons kry 'n kritiek bedreigde African-white-backed asook 'n bedreigde Lappet-faced aasvoël. Die onkostes om die voëls Vulpro toe en terug te vervoer is enorm en daarom doen ons ook die insameling om te help om hulle te vervoer en te bewaar."
Enigiemand wat 'n skenking wil maak kan die webtuiste besoek.
Die Ranch het vier Kaapse aasvoëls, twee mannetjies en twee wyfies, en die twee mannetjies het dié week na Vulpro, 'n aasvoël bewaringsinstansie in Hartebeespoort, vertrek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'