OUDTSHOORN NUUSFLITS - Een van die 40 motoriste wat die afgelope naweek deur provinsiale verkeersdienste in die Wes-Kaap vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is, is in Oudtshoorn gevang.
Nog twee is deur die Oudtshoorn-polisie in hegtenis geneem.
Kenny Afrika, provinsiale verkeershoof by die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het vanoggend bevestig dat sy personeel 1 653 motoriste by 26 padblokkades getoets het vir dronkbestuur.
Behalwe vir die een arrestasie deur verkeersdienste in Oudtshoorn, is sewe is in Swellendam gevang, met ses in George, vier in Brackenfell, vier in Vredendal vier in Caledon, vier in Worcester twee in Mosselbaai en een in Knysna.
Hierdie 40 arrestasies sluit nie die polisie se arrestasies in nie.
Die drie Oudtshoorn arrestasies was as volg:
• Saterdagaand om 21:25 in St John straat, waar die SAPD en verkeersdienste het ‘n padblokkade gehou het.
• Saterdagaand om 21:48 in Bongulethu.
• Sondagmiddag om 16:10 in Angeline LeKaystraat.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'