OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 171 babas is op Kersfees in die Wes-Kaap gebore. Die getal geboortes wat aangemeld is vanaf 00:00 op 25 Desember is 80 seuntjies en 91 dogtertjies.
Uit die getal is drie pienkvoete gebore in die Klein-Karoo.
Een seuntjie en ‘n dogtertjie is gebore in Oudtshoorn-hospitaal.
In Ladismith by die Alan Blyth-hospitaal is ‘n seuntjjie om 14:45 verwelkom.
Mireille Wenger, minister van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand noem dat om ‘n nuwe lewe op Kersfees te verwelkom is spesiaal, ‘n seën en ‘n herinnering dat hoop en hernuwing moontlik is in die feesseisoen.
“Hierdie wonderweke sou nie moontlik gewees het sonder die toewyding van gesondheidswerkers, wat selfs op Kersfees, weg van hul geliefde die liefdestaak verrig.”
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand glo dat die eerste duisend dae van ‘n kind se lewe kritiek is vir ontwikkeling. Die fisiese, sosiale en breinontwikkeling tydens die tyd is noodsaaklik.
Die departement offer ‘n wye verskeidenheid van sorg, van klinieke tot groter hospitale. Hierdie dienste is nie net om siektes te behandel nie, maar ook om dit te voorkom deur ‘n gesonde lewenstyl aan te moedig, asook om nuwe ouers by te staan tydens elke stadium van die kind se lewe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’