DE RUST NUUS - 'n 15-jarige meisie van Aangenaam, 'n plaasgemeenskap buite De Rust, is verlede Donderdag dood na sy per ongeluk deur 'n koeël van 'n windbuks getref is.
Volgens kaptein Gert Fourie, stasiebevelvoerder van De Rust-polisiestasie, het 'n 13-jarige seun die winbuks in die huis ontdek.
"'n Skoot is per ongeluk afgevuur en het die 15-jarige Shamiela Adams in haar skouer getref. Die nadoodse-ondersoek se resultate is nog nie bekend nie en daarom kan ons nog nie met sekerheid sê presies waaraan sy dood is nie."
Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, is Adams op pad na die hospitaal in die ambulans oorlede.
Volgens Fourie is hulle steeds met die ondersoek besig.
Lees die volledige storie in die week se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'