OUDTSHOORN NUUS - Daar is iets in die lug of in die water van Laerskool Wesbank as dit by babas kom.
Vier van die skool se onderwyseresse het verlede week mammas geword.
Op Woensdag 19 Februarie het Wilizke Collins geboorte geskenk aan 'n dogter en Elrize van Wyk en Maloré Jonck het seuntjies ryker geword.
Die volgende dag is Anene Janse van Rensburg se babaseun gebore. Dit is waarskynlik nie 'n algemene verskynsel dat die personeel van een skool binne twee dae vier babas ryker word nie.
Elrize van Wyk en haar seuntjie. Foto's verskaf
Maloré Jonck en haar nuweling.
Anene Janse van Rensburg en haar man het tot Woensdag gewag vir hulle babaseun.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'