OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Motorfietsryer is beseer na hy in 'n ongeluk by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat betrokke was.
Volgens wat verneem word het die bestuurder van die Toyota Yaris by die stopstraat in Van der Rietstraat langs die hotel gestop waarna sy oor Baron van Reedestraat gery het en met die motorfiets gebots het.
Sover vasgestel kan word is die jong man op die motorfiets nie ernstig beseer nie.
Die Toyota Yaris na die ongeluk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'