Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Die bestuurder van 'n Toyota Yaris is met beserings hospitaal toe geneem nadat haar motor sowat 'n uur gelede deur 'n swaar insleepvoertuig getref is.
Volgens inligting op die toneel blyk dit dat die insleepwa wat 'n bus gesleep het met Langenhovenweg onderweg was na George toe die Yaris vanaf Bokomo se kant in Langenhovenweg ingedraai en voor die vragmotor beland het.
Die bestuurder se babadogter van nege maande was in 'n babastoeltjie vasgemaak en is ongedeerd.
Sy is in die sorg van haar ouma wat by die toneel aangekom het.
Nooddienswerkers moes die deur aan die bestuurder se kant oopsny om haar uit te haal.
Kyk twee video's hieronder:
ARTIKEL, VIDEOS & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'