OUDTSHOORN NUUS - Eden-tweekamp, ondersteun deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, beplan om 'n kapasiteitswerksessie by die De Jager-sportkompleks op Woensdag 8 Maart van 18:00 tot 20:00 aan te bied wat hoofsaaklik op vroue en persone met spesiale behoefte sal konsentreer.
Die hoofdoel van hierdie werksessie is om belangstellendes voor te berei in positiewe sportleierskap in tweekamp, atletiek, swem en ander relevante sportkodes.
Dit sal prakties georiënteerd wees – geen toetse sal geskryf word nie. Sertifikate sal aan die einde van die werksessie uitgereik word en inskrywing is gratis.
Slegs 30 persone kan geakkom-modeer word.
Enigiemand wat belangstel, is welkom om dit by te woon.
Alle belangstellendes kan hul name na Dave van der Walt – davesusvdw@gmail.com stuur.
Sluitingsdatum 6 Maart. Vir meer inligting skakel 082 773 4901 of Stephnie McKay by 082 098 8439.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'