OUDTSHOORN NUUS - Na 12 oudisies sedert Mei, op verskillende plekke in en rondom Oudtshoorn, is die wenners van die OCJF-gospelkompetisie die afgelope naweek aangewys.
Volgens Philip Seroux, projekbestuurder van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum, was daar 24 finaliste by die Toekomsrus-gemeenskapsaal.
Die wenners van die groepkompetisie was die Rising Stars Gospel-groep met die koor van Oudtshoorn korrektiewe dienste in die tweede plek.
Hendronnique Lekas het die solo-afdeling gewen met Monique Jonkers in die tweede plek.
Die Rising Stars Gospel-groep was die groepwenners van die OCJF-gospelkompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'