Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Parkweg by die skougronde is tans gesluit na 'n vragmotor wat steenkool vervoer omgeslaan het.
Die vragmotor het vanuit die koöperasie se rigting gery en glo op die draai by die skougronde gegly. Die bestuurder het beheer verloor.
FOTOGALERY: Bestuurder verloor beheer oor vragmotor
Niemand is in die ongeluk beseer nie. Adél Supra-Virtue, brandweerhoof, het gesê dat dit 'n geruime tyd gaan neem om die vragmotor te verwyder en die pad skoon te kry. Die pad gaan moontlik heeldag gesluit wees.
J & B Wegsleepdienstes het die vragmotor weggesleep waar vanoggend, 1 Junie, se ongeluk plaasgevind het. Die pad is tans nog gesluit, en Oudtshoorn Courant sal lesers in kennis stel indien daar enige ontwikkelinge verder is.
VIDEO: Opruimingsproses aan die gang
VIDEO: Hannes Visser verduidelik hoe die opruimingsproses gaan werk
Video: Bestuurder verloor beheer oor vragmotor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’