OUDTSHOORN NUUS - Met die verskuiwing na Vlak 2 van die inperkingsmaatreëls beteken dit nie dat die koronavirus aan die verdwyn is nie.
Inteendeel, word inwoners gemaan om juis nou streng by maatreëls soos die dra van maskers, distansiëring en handewas te hou.
Met meer vryheid van beweging en bykans alle ekonomiese sektore wat oop is, is dit noodsaaklik om by maatreëls te hou.
Teen Woensdag was die aantal aangemelde Covid-19-gevalle in die Groter Oudtshoorn-omgewing 1194 met 945 wat reeds herstel het.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, kommunikasiebeampte van Oudtshoorn-munisipaliteit, was daar tot Dinsdag 64 Covid-19-verwante sterftes in Oudtshoorn.
In die Tuinroete en Klein-Karoo was Covid-19-syfers Woensdagmiddag as volg (Aangemelde gevalle gevolg deur aantal gevalle wat herstel het):
- Bitou: 577 (531)
- Knysna 1 361 (1 255)
- George 3340 (3064)
- Mosselbaai 2162 (1980)
- Oudtshoorn 1194 (945)
- Kannaland 109 (106)
- Hessequa 275 (252)
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'