KAROO NUUS - Langafstandvervoer word dringend benodig vir voerskenkings aan Oudtshoorn wat vir 20 Julie beplan word.
South African Water Warriors (SAWW) beplan ‘n projek om broodnodige voer na Oudtshoorn te bring, maar is afhanklik van die welwillendheid van vervoermaatskappye.
Volgens Pieter du Plessis van SAWW is daar 70 ronde bale voer wat vanaf Aliwal Noord na Oudtshoorn moet kom.
Dan is daar nog 70 ronde bale sowel as 35 ton mielies wat vanaf Koppies na Oudtshoorn gebring moet word.
Enige onderneming of individu wat hiermee kan help word gevra om vir Pieter by 076 844 6435 te skakel.
Daar is reeds verskeie plase in die Oudtshoorn omgewing waar werkers as gevolg van die geweldige droogte en gepaardgaande finansiële verliese, geen werk het nie en boere eenvoudig nie meer kan voortgaan nie.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'