Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Vermeende inbreker is Sondagoggend om 03:10 op heterdaad betrap nadat hy glo by 'n woning in Polisiehoogte, Oudtshoorn, ingebreek het.
Volgens sers. Getchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die inwoners van 'n geraas wakker geword.
Die verdagte is deur die eienaar van die huis vasgekeer en die polisie is gekontak. Volgens haar is die verdagte op aanklag van huisbraak in hegtenis geneem.
Volgens die eienaar se vrou het haar man Sondagnag wakker geword omdat hy iets gehoor het wat soos muise klink.
"Hy het wakker geskrik en toe hy sy oë oopmaak toe is die man klaar deur die venster. Hy het die man gevra wat soek hy in ons huis en toe rig hy die gun op my man. Daar was 'n gestoei gewees en ons het die polisie gebel om die man te kom arresteer."
Volgens die seun was daar meer as een inbreker.
"Die man het vermoedelik eers by die venster ingehang en gevoel wat daar binne sy bereik is. Hy het toe my pa se baadjie met sy beursie, wat nog in sy sak was, vir die man buite gegee. Die ander man het weggehardloop."
Oudtshoorn Courant het verneem dat die verdagte 'n gaspistool by hom gehad het.
Micheals kon egter nie bevestig dat daar meer as een verdagte was nie.
'n Video oor die inbraak doen tans die ronde op sosiale media.
Kyk 'n geredigeerde weergawe hier:
Die pistool wat by die verdagte gekry is.
Vorige artikel: Vermeende inbreker op heterdaad betrap
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'