Die aansoek wat Donderdag, 27 September deur sy prokureur, Christo van der Bergh, van Coetzee en Van der Bergh Prokureurs ingedien is, is gister, Maandag 31 Oktober, tydelik gestaak.
Van der Bergh verdedig die bekende 54-jarige man van Oudtshoorn wat vir verkragting ondersoek word. Die man, wie se naam nie op hierdie stadium nie bekend gemaak mag word nie, het op 26 September in die hof verskyn op aanklag van verkragting. As deel van sy borgtogvoorwaardes mag hy nie die land verlaat nie en daar is beslag gelê op sy paspoort.
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het op Vrydag, 7 Oktober, gesê daar word beweer dat die verkragting gedurende die tydperk van 17 November 2014 en 7 April 2016 by die verdagte se woning op Oudtshoorn plaasgevind het.
Die klaagster is 'n 32-jarige vrou van Oudtshoorn. Die ondersoek is in 'n baie sensitiewe stadium en die verdagte is op borgtog van R10 000 vrygelaat.