TUINROETE NUUS - Twee mans van George sal môre in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn na hulle Vrydag net buite Oudtshoorn op die N12 met dwelms ter waarde van R160 000 gevind is.
Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede van die "Rural Flying Squad" om 18:20 patrollie op die N12 gery toe hulle 'n Mercedes op pad na Oudtshoorn sien.
"Die verdagtes het pakkies by die venster van die voertuig uitgegooi en die lede het die voertuig agterna gesit. Met die deursoeking van die voertuig het hulle tik en Mandrax-tablette in die voertuig gevind. Die pakkies wat by die venster uitgegooi is, was ook Mandrax."
Die lede het 1 579 Mandrax-tablette en 92 gram tik (ter waarde van R35 000) gekonfiskeer.
Die verdagtes het pakkies by die venster van die voertuig uitgegooi en die lede het die voertuig agterna gesit.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'