LADISMITH NUUS - Die twee jong mense van Ladismith wat op Saterdag 11 Julie hulle lewens in 'n motorongeluk verloor het, is Saterdag 18 Julie begrawe.
Elwiezel Gelant (27) en Zaandri Scheepers (26) was dié Saterdagaand saam met Edward Nt'Sulongo in sy VW Polo toe die motor omstreeks 21:45 op die R303 die pad verlaat het en deur 'n heining gebars het.
Gelant, 'n werknemer van Parmalat, is op die toneel dood. Nt'Sulongo, ook 'n werknemer by Parmalat, en Zaandri is na die Alan Blyth-hospitaal geneem waar Scheepers aan haar beserings beswyk het.
Nt'Sulongo is na George oorgeplaas waar hy tot Maandag in 'n koma was. Hy het intussen sy bewussyn herwin, maar sal 'n geruime tyd in die hospitaal bly.
In 'n huldeblyk aan Gelant het 'n familievriend dank betuig aan die Skepper vir 'n seun "met die mooiste persoonlikheid, wie nooit geskroom het om hulp te verleen waar dit nodig was nie" .
Zaandri Scheepers
Elwiezel Gelant Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'