OUDTSHOORN NUUS - Naomi de Villiers, 'n inwoner van ACVV Tuishuis, 'n tehuis vir bejaardes op Oudtshoorn, het op 23 Augustus haar 100ste verjaarsdag gevier.
Sr. Magdaleen Uren, hoof van die siekeboeg, sê De Villiers is fisies en geestelik nog baie gesond.
"Die tannie sit elke oggend haar grimering aan en is baie goed versorg. Sy is nog mobiel en beweeg self waar sy wil wees. Sy is 'n vreeslike grapmaker en hou daarvan om mense om haar te laat lag."
Uren sê De Villiers woon al die te huis se aktiwiteite by en hou daarvan om sosiaal tussen die ander inwoners te verkeer.
Tuishuis het saam met familievriende van De Villiers vir haar 'n spesiale partytjie gehou om die groot verjaarsdag te vier.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'