Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Matriekeindeksamen - hierdie is die oomblik waarvoor elke skoolleerder wag; om uiteindelik jou heel laaste eksamen op skool af te lê.
Vier leerders van Hoërskool Oudtshoorn het op 4 November vertel hoe dit sover met die eindeksamen gaan, en hoe hulle die Wiskunde vraestel 1 ervaar het.
Kai Barry, Dylan Dreyer, Anke Kruger en Yolanda Jeti is almal leerders van Hoërskool Oudtshoorn en hulle het vandag na afloop van die eksamen, tyd uit hulle besige skedule geneem om met Oudtshoorn Courant te gesels.
Dreyer en Jeti gaan albei volgende jaar BAcc studeer, Kruger BSc Sportwetenskappe en Barry Argitektuur.
Mnr. Gerrit Rudolph, skoolhoof van Hoërskool Oudtshoorn, is baie trots op sy leerders en wil graag die volgende boodskap aan hulle oordra:
"You can't go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending. Best of luck, work hard, be dedicated and strive to be a Struisie Legend."
Kyk gerus na die video hieronder om die matrikulante se onderhoud te volg:
Video - Struisies skryf eksamen
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'