OUDTSHOORN NUS - Die kinderboekie, Die stoute Corona / The naughty Corona, wat deur dr. Wessel Vermeulen geskryf en deur Ronel Lareman geïllustreer is, is uiters gewild.
Die eerste 500 kopieë wat verlede week ontvang is, is reeds bykans uitverkoop en dr. Vermeulen het besluit om 'n verdere 2 000 te laat druk.
Die boekie het 'n tweeledige doel. In die eerste plek stel dit kinders gerus oor die koronavirus en in die tweede plek word 30% (R10) van die verkoopprys van R30, aan liefdadigheid geskenk.
Sodra die volgende oplaag van 2 000 gedruk is, is daar reeds 1 000 bestem vir mediese praktyke in die Kaap. Die boekie is in kleiner getalle beskikbaar by Oudtshoorn Courant en PNA.
Mense of instansies wat groter hoeveelhede wil bestel kan Turksvy Publikasies wat die boekie uitgee, by 083 467 1522 of 072 191 4367 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'