OUDTSHOORN NUUS - Die kinderboekie van Dr Wessel Vermeulen, 'Stoute Corona', wat kinders oor Covid-19 inlig, is hierdie week gedruk.
Met die groot belangstelling, word 'n verdere 500 boekies volgende week gedruk.
Hierdie is 'n gemeenskapsprojek van Dr Vermeulen, die Oudtshoorn Courant, HeartbeatFM en Hoërskool Oudtshoorn.
Die boekies kos R30 elk waarvan R20 vir drukkoste is en R10 vir liefdadigheidsprojekte.
Boekies is beskikbaar by Oudtshoorn Courant en PNA Oudtshoorn.
Bestellings kan ook geplaas word deur 'n WhatsApp met naam en aantal boekies te stuur aan 072 1914367.
Mense wat reeds bestel het, kan weeksdae tussen 09:00 en 12:00 boekies by Oudtshoorn Courant afhaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'