Gallery
OUDTSHOORN SPORTNUUS - Wilgewandel-vakansieplaas het Sondag, tesame met die Dust4Glory-organiseerders, gasheer gespeel vir die Eden MTB XCO-fietswedrenne.
Fietsryers van oor die streek het opgedaag om aan die uitdagende MTB-hindernisbaanwedren deel te neem. Hierdie wedren is die eerste van vier wat deel vorm van die Eden MTB XCO 2022-reeks.
Fotogalery: Pret by die Eden MBT XCO-wedren
Die wedrenne het amptelik om 09:00 onder groot toejuiging van ouers en ondersteuners weggespring. Die juniors moes die 2,5 km-hindernisbaan drie keer voltooi, terwyl die seniors 3,5 km, oor sewe rondtes moet baasraak.
Volgens een van die organiseerders Pienaar Muller, is die unieke dorre Karoolandskap en die uiterste klimaat een van die hoofredes hoekom dié wedren so gewild is.
"Alhoewel die baan vet pret is, moet jy jou ook deeglik voorberei sodat jy die beste van die uitdaging kan maak. Om te presteer in hierdie tipe toestande is 'n veer in die hoed vir enige begfietsryer, jonk of oud. Dis ook verblydend om die ekonomiese inpak te sien wat die wedrenne soos hierdie op ons dorp en besighede het."
Muller het Oudtshoorn Ford vir hul betrokkenheid bedank sowel as Wilgewandel-vakansieplaas wat Cycle Addicts se ontwikkelingspan geborg het.
Die volgende wedren waarna ryers kan uitsien is die Swartberg MTB extreme-wedren wat op 5 Maart by dieselfde venue sal plaasvind.
Pure lekkerte oor die hobbels!
Die wedrenne het amptelik om 09:00 weggespring onder groot toejuiging van ouers en ondersteuners. Foto's: Wyndham Ewerts
Podium wenners :
Seuns (9-10)
Keagan Harris
Meisies (9-10)
Alrie Eloff
Seuns (11-12)
William Ruthven
Meisies (11-12)
Nina Pieterse
Sub-junior seuns (13-14)
Daniel le Roux
Sub-junior meisies (13-14)
Anje van Niekerk
Jeug mans (15-16)
Vaughan Block
Jeug vroue (15-16)
Mienke Boshoff
Junior mans (17-18)
Jaydan Durandt
Junior Vroue (17-18)
Anya du Plessis
Mans o.23
Damon Terblanche
Veteraan mans (23-39)
Pierre Terblanche
Veteraan mans (40-49)
Hannes Neethling
Meesters(50-59)
Nico Vreken
Meesters (60+)
Rudi de Wet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'