OUDTSHOORN NUUS - Die eerste vlakkiekrieket- en netbalwedstryde van die Oudtshoorn-polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Oudtshoorn-munisipaliteit se sektor 2-sportprojekte in Oudtshoorn, is Sondag op die oop stuk veld langs 17de Laan en Lynersstraat in Bridgton gespeel.
Vriendskaplike wedstryde sal voortaan elke Sondag gespeel word en tot Januarie 2021 voortduur.
Twee o.15-vlakkiekrieketspanne naamlik die Polisiehoogte-dagsorgsentrum en die Knights het mekaar die stryd aangesê terwyl die netbalwedstryde die spanne van die Dreamers, Atletico en die Young Eagles ingesluit het. Die sokkerwedstryde begin komende Sondag.
Volgens Phillip Seroux, bestuurslid van die GPF, is die hoofdoel van die projek om kinders Sondagmiddae van die strate af te hou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'