UNIONDALE NUUS - Animal Care Team SA het verlede week 'n Spay-a-Thon in Uniondale gehou en kon daarin slaag om 130 diere te steriliseer.
Volgens Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACTSA, was dit 'n geweldige suksesvolle dag.
"Die Spay-a-Thon het oor twee dae verloop. Tish Cummings en haar vennoot by The Town House Uniondale, saam met die staatsveeartse in George, Oudtshoorn en Uniondale het ons gehelp met die veldtog. Die DBV in George het ook 'n groot rol gespeel. Ons wil ook spesiaal dankie sê aan dr. Hilldidge Beer en Hilda Mills van Ebervet Petcare Group, dr. Garth Ryder van De Rust en al die ander borge wat gehelp het om van die dag 'n sukses te maak."
'Ons bring jou die nuutste Uniondale, Klein Karoo nuus'