Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Onderwysers en die leerderraad van Laerskool Wesbank, Oudtshoorn, het vanoggend, 15 Junie, gereël dat die skoolhoof, Waldo Cloete, as verjaardaggeskenk met 'n trekker die skoolgronde ingebring word.
Die leerders het hom op die skool se rugbyveld ingewag.
Cloete verjaar eers 26 Junie, maar weens die skoolvakansie het die verrigtinge vanoggend plaasgevind.
‘n Tafel met lekkernye en ‘n biltongkoek is ook op die veld opgeslaan, sodat die leerders saam kan feesvier.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'