Die staking van werkers wat almal aan die leerwerkersvakbond (NULAW) behoort, het vroeër in Junie-maand begin. Die vakbond is steeds besig om met die Suid-Afrikaanse Leerindustrie Assosiasie (SAFLIA) te onderhandel oor die eise van die werkers.
Die werknemers eis ondermeer loonverhogings van nie minder as 7,75% nie sowel as twee dae se ekstra betaling by hul Desember-bonusse.
Verder vra hulle dat werkgewers 'n tegnologiese fonds moet finansier om werkers te help om ekstra vaardighede by te leer. Volgens hulle is die werk van die uitsnyers (clickers) in gedrang omdat daar nou masjiene is wat hulle werk doen. Van hierdie uitsnyers werk reeds so lank as 40 jaar by skoenfabrieke en het nie ander vaardighede nie.
Mnr. Ashley Benjamin, sekretaris-generaal van NULAW, het gesê dat hulle teen Woensdag antwoorde rakende hul eise sal hê, maar het teen druktyd nog nie op navrae reageer nie.

Sowat 120 werkers wat by die skoenfabriek in Oudtshoorn werk het Dinsdag, in hul derde week van staking, buitebande aan die brand gesteek. Hulle wag steeds vir antwoorde rakende hul eise wat hulle vroeër die maand gestel het. Foto's: Liezl van Niekerk
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'