OUDTSHOORN NUUS - Die burgemeester van die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit, Chad Louw, het verlede Vrydag saam met die minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, 'n besoek aan die Dysselsdorp-bouprojek, gedoen.
Die eerste fase van die projek sal uit 150 huise bestaan. Tydens die besoek aan Dysselsdorp het Louw en Simmers met die inwoners gepraat.
"Almal van ons is opgewonde oor die behuisingsprojek. Wanneer die elektrisiteit geïnstalleer is kan die begunstigdes intrek. Ons hoop dat die gees van inwoners goed sal wees tot die projek voltooi is," het Simmers gesê.
Die tweede fase van die projek sal in die 2022/2023 finansiële jaar begin en 223 wooneenhede sal gebou word. Die laaste fase, waarin 149 huise gebou gaan word, sal in die 2023/2024 finansiële jaar begin.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, was daar vooraf 'n inligtingsessie by die Oudtshoorn-munisipaliteit gehou.
"Ongeveer 80% van die werkers wat aan die projek gaan werk kom van Dysselsdorp. Die munisipaliteit het ongeveer R90 miljoen gekry vir die bou van die huise," het sy die week in 'n verklaring gesê.
Sylvia Tyatya, waarnemende bestuurder van menslike neder-settings, het gesê die behuisings-departement het 'n konsultasiesessie met die begunstigdes van die 150 huise in Maart gehad sodat terugvoering oor die projek aan hulle gegee kan word.
Elektrisiteit sal op 3 Mei in die huise geïnstalleer word.
Volgens Tyatya is die oudste persoon wat in die huis gaan intrek in 1936 gebore.
Elektrisiteit sal op 3 Mei in die huise geïnstalleer word.
Die tweede fase van die projek sal in die 2022/2023 finansiële jaar begin en 223 wooneenhede sal gebou word. Die laaste fase, waarin 149 huise gebou gaan word, sal in die 2023/2024 finansiële jaar begin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'