Breaking News
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Seun is vanaand beseer na hy in 'n ongeluk met sy Vuka in Buitekantstraat betrokke was.
Volgens omstanders op die toneel het 'n vrou wat in die straat woon met haar Suzuki Jeep by haar woning se oprit ingedraai toe die seun agter in haar vasry.
Sover vasgestel kan word het die seun se een been in die ongeluk seergekry.
Hy is per ambulans na die hospitaal geneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Die ambulans neem die seun hospitaal toe.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'