Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Jong seun is om ongeveer 15:20 vanmiddag in Voortrekkerweg deur 'n motor getref.
Volgens die bestuurder van 'n swart Daihatsu het twee seuns voor dir Seppie Greeff gebou oor die pad gehardloop. Een het reg voor die motor beland en die ander een het teen die kant van die motor vas gehardloop.
Volgens paramedici op die toneel is daar geen oop wonde of frakture aan die beseerde nie.
Die seun wat teen die motor vas gehardloop het, het van die toneel af weggehol.
Volgens mense op die toneel was die twee seuns deel van 'n groepie kinders wat bedags in die omgewing van Checkers en die middedorp ronddwaal.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'