OUDTSHOORN NUUS - Vrywilligers wat in die SAPD se traumakamer op De Rust diens doen, het op 19 en 20 Februarie opleiding ontvang. Die traumakamer is reeds sedert 2001 volstoom besig met berading aan slagoffers.
Die opleiding is deur ao. Elsjé Frey en twee personeellede van Famsa aangebied. Volgens ao. Frey is dit belangrik dat die gemeenskap van hierdie diens bewus is.
Sy sê dat vrywilligers vanaf 2016 tot 2018 'n totaal van 1 755 gevalle hanteer het. Gedurende Januarie en Februarie vanjaar het daar reeds 81 mense om beradingshulp kom aanklop. Slagoffers word na aanvanklike berading by die traumakamer na Famsa verwys.
"As koördineerder wil ek vir elke vrywilliger baie dankie sê vir dit wat hulle vir die SAPD van De Rust asook slagoffers van misdaad beteken en doen.
Die verskil word nie dadelik gemerk nie, maar later leer ons van beter," het Frey gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'