OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n 46-jarige man wat van verkragting van ‘n 15-jarige meisie aangekla word, is Dinsdag in die Oudtshoorn-landdroshof tot 25 Maart uitgestel omdat die polisieondersoek nog nie voltooi is nie.
Die beskuldigde, 'n pa van drie kinders, het, volgens die ondersoekbeampte, ao. Michael Kock, die klaer die aand van 18 Januarie vanjaar in sy motor gelaai en gesê dat hy oor ‘n video van haar en haar kêrel beskik. Hy het gedreig dat hy dit aan haar pa sou wys, maar in ruil vir seks sal uitwis.
Landdros Stephanie Strydom het verlede maand borgtog aan die verdagte geweier omdat dit nie in belang van geregtigheid sal wees nie.
Volgens Strydom het hy hom in sy borgtogaansoek weerspreek en wat verswarend is, is die feit dat hy ‘n prominente figuur in die publiek is wat met jongmense soos die klaer werk.
Lees vorige berigte hier: Borgtogaansoek van 46-jarige vir uitspraak uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’