OUDTSHOORN NUUS - Jada Roman het Sondagaand die Christelike Afhanklikheidsbediening (CAB) se eerste Gospel-talentkompetisie by die VGK gewen.
As deel van haar prys het sy prysgeld van R1 000 ontvang. Cornel Coetzee en Micheala Isaacs was onderskeidelik tweede en derde.
Coetzee het haar prysgeld van R500 weer aan die CAB geskenk.
Die geld wat deur die kompetisie ingesamel is, sal aangewend word om lede van dié organisasie na die CAB se nasionale kongres in Oos-London te stuur wat vanaf 27 tot 29 September sal plaasvind.
CAB fokus hoofsaaklik op die welsyn van dwelmverslaafdes se naasbestaandes deur berading en motiveringssessies aan te bied.
Enige lid van die publiek is welkom om by CAB aan te sluit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'