OUDTSHOORN NUUS - Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het alle Suid-Afrikaners wat wettiglik kan stem met die 2019 algemene verkiesing, gevra om hierdie naweek te registreer by hul onderskeie stempunte.
Die stempunte sal Saterdag en Sondag (10 en 11 Maart) van 08:00 tot 17:00 oop wees.
Die OVK se woordvoerder, Kate Bapela, het gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om die kieserslys hierdie naweek so volledig as moontlik op te dateer.
Om te registreer moet voornemende kiesers hul wettige groen identiteitsdokument of die nuwe Smart ID Card of ‘n wettige tydelike identiteitsdokument saamneem na die stempunt.
Kiesers kan hul stemlokaal bepaal deur die webtuiste www.elections.org.za te besoek, of na hul laaste stemlokaal te gaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'