Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen twee mans van Mosambiek en Nigerië wat twee jaar gelede op die N1 buite Beaufort-Wes met tik van meer as R27 miljoen in hul motor in hegtenis geneem is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak tot volgende maand uitgestel.
Benjamin Amalukwe en Nelson Matavele is in November 2015 met 77,5 kg tik wat in die deure van hul voertuig versteek was gearresteer en word aangekla van handeldryf in dwelms, alternatiewelik onwettige besit of gebruik van dwelms.
Matavele, het getuig dat hy nie vir die hof kan sê wat presies die betrokke aand gebeur het nie omdat hy gelê en slaap het.
Volgens hom het hy eers wakker geskrik toe die passasiersdeur van die motor deur die polisie oopgemaak en die voertuig reeds deursoek was.
Streeklanddros Mark van Wyngaardt het die saak tot 12 Desember uitgestel nadat Matavele 'n nuwe regsverteenwoordiger bekom het.
Klik hier vir vorige artikels:
- R27 miljoen tiksaak vir uitspraak uitgestel
- Opvolg: 2 In hof vir tik van R27 milljoen
- 2 In hof vir tik van R27 miljoen
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'