OUDTSHOORN NUUS - 'n Kennisgewing is ontvang vanaf Oudtshoorn Munisipaliteit dat laatmiddag ‘n pypbreek ontdek is op een van die watertoevoerlyne vanaf die Raubenheimerdam.
Dit is die lyn wat water voorsien aan die hoërliggende gedeeltes van Oudtshoorn-Noord, asook gedeeltes van Schoemanshoek.
Herstelwerk word tans gedoen en daar sal gepoog word om so gou moontlik die toevoer te herstel. Toegang tot die area is egter beperk, wat die werk bemoeilik.
Die res van die dorp, wat uit die Wesbank reservoirs en Nuwe-Oos reservoir voorsien word, behoort nie onderbrekings te ervaar nie.
Die munisipaliteit vra verskoning vir enige ongerief.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'