OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-misdaadvoorkomingseenheid en misdaadintelligensie het Donderdag, 02 November 'n operasie by Adderleystraat, Oudtshoorn gehad na aanleiding van inligting oor ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die span op die perseel toegesak en dadelik met 'n soektog begin.
"Hulle het 'n kluis met 'n .22-geweer, 'n rewolwer en verskeie kaliber ammunisie gevind. Die polisie het op die twee vuurwapens en meer as 350 rondtes ammunisie beslag gelê."
’n 61-jarige vrou is daarna in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Volgens Spies is sy later vrygelaat en gewaarsku om op 16 November in die Oudtshoorn-landdroshof te verskyn.
Die .22-geweer waarop polisie beslag gelê het.
Die ammunisie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’