OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het vandag, Donderdag 10 Maart, saam met lede van George se openbare orde-eenheid (Pops), provinsiale verkeer en 10 lede van die provinsiale verkeer-taakspan ‘n operasie uitgevoer waar die padvaardigheid van taxi’s bepaal en die permitte van die taxi’s nagegaan is.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het hulle 21 boetes van altesaam R64 700 uitgereik.
“Daar is op 12 taxi’s beslag gelê, wat nie aan die nodige padverkeerswette voldoen het nie,” het sy gesê.
Brigadier Susan Crafford, stasiebevelvoerder van Oudtshoorn, het die samewerking tussen die verskillende rolspelers geloof.
“Sonder dié samewerking sal so ‘n suksesvolle operasie nie moontlik wees nie.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'