OUDTSHOORN NUUS - Daar is goeie samewerking tussen die Oudsthoorn-polisie en sekuriteitsmaatskappye op Oudtshoorn.
So sê kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie. Volgens hom vergader die polisie en lede van die sekureitsmaatskappye maandliks oor maniere waarop hulle saam misdaad in die dorp kan bekamp.
“Verlede Woensdag het hulle vergader om misdaad en gemeenskaplike belange te bespreek. Daar is ook sowat ‘n maand gelede ‘n WhatsApp-groep gestig waar al die maatskappye en die SAPD op ‘n daaglikse basis kommunikeer. Die maatskappye beweeg orals rond en verskaf waardevolle inligting wat help om misdaad hok te slaan en wat kan lei tot arrestasies van misdadigers in voorvalle van misdaad.”
Visser sê die polisie is bevoorreg om sulke goeie samewerking te kry van die maatskappye en wil hulle bedank vir die bydrae wat hulle lewer tot die bekamping van misdaad.
Van links is Gerhard Fourie (MSec Security), Werner Stoumann (Suiderkruis Sekuriteit), lt.kol. Wayne Venter (waannemende sigbare polisiëringshoof), M. Solomons (MetroCity Protection) en Rudi du Toit (Alert Patrol). Agter staan Harry Coetzee (Black List Security).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'