OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van ‘n man van Oudtshoorn wat teregstaan op twee aanklagte van poging tot moord, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere getuienis tot volgende maand uitgestel.
Juan Steyn word daarvan aangekla dat hy meer as vier jaar gelede, op 20 April 2016, die lewens van Mei Willemse en Hendrik Mars, wat saam met hom by 'n werktuigkundige in die dorp gewerk het, in gevaar gestel het deur diesel aan die brand te steek in ‘n put onder ‘n voertuig waaraan hulle gewerk het.
Mars het Woensdag, net soos Willemse vroeër, getuig dat Steyn aan hulle gesê het hy vuurhoutjies gaan soek om te kyk of hy, Mars, “een vuurhoutjie werd is”.
“Die eerste vuurhoutjie het doodgegaan en die beskuldigde het toe ‘n tweede aangesteek wat sy vingers gebrand het,” het Mars getuig.
Volgens Mars het hy en Willemse toe albei brandwonde opgedoen waarvoor hulle hospitaalbehandeling moes ontvang.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant as ook aanlyn.
Vorige artikel: Poging tot moord-saak uitgestel tot Februarie
Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'