OUDTSHOORN NUUS - Die belowende 16-jarige Xander Pienaar van Oudtshoorn is onlangs gekies vir die Suid-Afrikaanse skole o.17-tennisspan wat gedurende Junie in Engeland aan 'n toernooi by Living Tennis Academy gaan deelneem en ook vanjaar se Wimbledon-tennistoernooi sal bywoon.
Die jong Xander, wat al vanaf vyfjarige ouderdom deur Johann 'JK' Koch afgerig word, is tans 'n gr. 10-leerder aan Paul Roos in die Paarl waar hy reeds vir homself naam op die tennisbaan gemaak het.
Hy is tans die Boland se nommer een o.19-speler en het die Boland van 26 tot 29 Maart vanjaar in die interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria verteenwoordig waarna die SA skolespanne (o. 15, o. 17 en o. 19) gekies is.
Hoewel Xander in die Paarl skoolgaan, kry hy steeds afrigting by Koch wanneer hy vir vakansies huis toe kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’