Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die hondeskou van Oudtshoorn-diereherberg het die afgelope naweek 'n hele paar viervoetiges gelok.
Ansa de Jager, 'n lid van Oudtshoorn-diereherberg, sê die dag was 'n reusesukses.
"Ons het 70 inskrywings gehad. Hulle was almal so oulik, ek wens ons kon almal pryse gegee het. Die geld wat ingesamel is het ons sommer dadelik direk in die veeartsrekening in betaal."
FOTOGALERY: Oudtshoorn-diereherberg hondeskou
Die beoordelaars was Phillip van Zyl, Petra du Toit en Loraine Weldon. De Jager het die borge en besoekers wat tot die geleentheid bygedra het bedank.
Die wenners in die onderskeie kategorieë was as volg:
- Beste junior handelaar: Zak
- "Cool pup": Ben
- Mooiste meisie: Patrys
- Oulikste outjie: Cooper
- "Golden oldie": Kimba
- Beste "rescue dog": Bella
- Gehoorsaamste hondjie: Fleur
- Gehoorsaamste volwasse hond: Abby
- Gelukkigste hond: Bella
- Hondeienaar-ewebeeld: Fleur
- Mooiste aangetrek: Wollie
- Mees unieke hond: Boelie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'