Oudtshoorn se een ton-gewigsverlies projek het sy eerste mylpaal bereik en Sandra Louw van die dorp se Nutrition Club sê daar is presies 1005,1 kg minder van die inwoners oor. "Oudtshoorn is ligter en baie gesonder as einde Januarie vanjaar."
Die uitdaging om binne ses maande 1 ton te verloor is deur Pieter en Sandra Louw en hul span geïnisieer, maar die projek het gou gestoomroller.
Met Neel Brink en sy dogters, Tanya en Anya se sukses het die projek 'n reuse-hupstoot gekry.
Nadat Neel in die eerste twee maande reeds meer as 25 kg afgeskud het, het sy gesonde, gebalanseerde eet- en leefstyl vir uitsonderlike oorgewig mense, nasionaal opslae gemaak.
Vandag weeg hy bykans 50 kg ligter as op 24 Januarie vanjaar. Tanya het tot dusver 39 kg afgeskud en Anya 16 kg.
Hulle is nou deel van die 145 Oudts-hoorniete, wat in vyf groepe oor die afgelope 30 weke saam 1005,1 kg verloor het.
Inwoners wat wil inskakel is welkom om vir registrasie met Pieter 082 414 7123 of Sandra 082 461 3770 te gesels of sommer by die Nutrition Club in te stap.
.jpg)
Sewe maande later...