Hy het aangedui dat toerisme se finansies gesond is en die uitgaande HUB, Joan Shaw, en haar span bedank vir die gesonde toestand van die toerisme kantoor en die diens wat gelewer word.
Niel het daarop gewys dat daar baie moeite gedoen is en 'n groot gedeelte van die begroting spandeer is om Oudtshoorn landwyd as die ideale bestemming te bemark.
Terwyl hy opgewonde is oor die jaar se suksesse is hy, saam met ander rolpselers in die toerisme bedryf, egter ook spyt dat hierdie Joan se laaste week as HUB van toerisme was. Sy het die pos as HUB van George-toerisme aanvaar.
Op haar beurt het Joan weer vir Neil bedank vir die wyse waarop hy die komitee as voorsitter gelei het en sy het ook haar waardering en opregte dank teenoor haar personeel betuig vir die harde werk en toegewydheid waarmee hulle haar ondersteun het.
Voor die verkiesing van 'n nuwe bestuurskomitee het Joan en Neil gevra dat die grondwet sodanig gewysig moet word dat daar nie bepaal word dat 'n HUB aangestel moet word nie, maar dat daar ook na ander maniere gekyk kan word om die organisasie doeltreffend te bestuur.
"Dit maak dalk meer sin om geld te spandeer en Oudtshoorn deur derde partye in die groot stede te laat bemark as om 'n HUB pos ten duurste te onderhou en dan betaal sodat daardie persoon na die groot stad kan gaan om ons te bemark," het Els gesê.
Die meerderheid van die byna 60 teenwoordige lede het die voorstel goedgekeur.
Die nuwe bestuurskomitee bestaan uit die volgende 10 lede: Natasha Opperman, Niel Els, Cari du Preez, JC Aucamp, Anton Schoeman, Peter Roberts, Marthella Briel, Barry Meijer, Adri Odendaal, Kevin Pikaan en Jan Bester.
Die nuwe bestuurskomitee van Groter Oudtshoorn-toerisme is, van links: Natasha Opperman, Niel Els, Cari du Preez, JC Aucamp, Joan Shaw (HUB), Anton Schoeman, Peter Roberts, Marthella Briel, Barry Meijer, Adri Odendaal, Kevin Pikaan en Jan Bester.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'